JOHANITA SE 7 MIN RINGKOEK



JOHANITA SE 7 MIN RINGKOEK
2 eiers
2 eetlepels olie
1 teelepel vanielje
1 koppie water
2 eetlepels kakao
1 koppie koekmeel
2½ teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
¼ teelepel sout
Klits eiers, olie, vanielje en water saam.
Sif kakao, bakpoeier, suiker en sout saam.
Meng alles deeglik saam en giet in gesmeerde gelring.
Bak 5 – 7 minute in mikrogolfoond.
Keer dadelik uit laat afkoel.
Versier volgens eie keuse.
Resep en foto: Johanita Reinhardt
2de foto: Meisie van der Colff