HEERLIKE VERSIERING VIR KOEK OF TERT

HEERLIKE VERSIERING VIR KOEK OF TERT
Resep: Anne Snyman
FOOD LOVERS RECIPES
Hoe klink hierdie vir julle vir ‘n lekker versiering oor enige koek of tert (dit is seker ook maar algemeen bekend):

BOLAAG:
1 Blik karamel-kondensmelk (Onthou om altyd die karamel vooraf eers goed te roer tot glad, anders maak dit stukke.)
1 pakkie Butterscotch of Karamel kitspoeding
1 koppie melk
1 Sakkie orley whip of vars room
1 Flake/Peppermint Crisp
Smeer kondensmelk oor koek/tert.
Maak die poeding aan met melk en smeer bo-op die karamel.
Klits room styf en smeer bo-oor koek/tert.
Strooi gekrummelde flake/Peppermint Crisp bo-oor.
OF
Smeer kondensmelk oor koek/tert
Klits die room styf en meng die res van die bestanddele hierby, behalwe die Flake/Peppermint Crisp en smeer oor die koek/tert
Strooi Flake/Peppermint Crisp oor
OF
Klits die room en meng alles daarby, behalwe die Flake/Peppermint Crisp en smeer oor die tert/koek.
Strooi Flake/Peppermint Crisp oor.