EARL SE BACON EN UIE PUFF PASTRY WIELE

earl se bacon en uie puff pastry wieletestedearl se rolletjies

EARL SE BACON EN UIE PUFF PASTRY WIELE
1. Ontvries today’s Puff pastry
2. Sny pakkie bacon in repies of blokkies en maak gaar in pan
3. Terwyl bacon gaar word sny jy so ‘n paar tamaties.. In die helfte in met water in ‘n klein pot.. Gooi ‘n bietjie origanum en sout by.. Laat dit stadig kook en later gooi jy dit deur ‘n sif en weer op die stoof laat dit “reduce”… Ek het ook so bietjie knoffel en suiker ook aan die einde bygegooi.. Dis die tamatie sous..
4. Sny so 2 tot 3 uie en sit dit dan in selfde pot wat bacon in was.. Voeg do bietjie sout by.. Op medium/stadige hitte om dit so lekker bruin en sag te kry..
5. Rol die deeg oop maar nie uit nie.. Toe smeer ek van die tamatie sous op.. Toe die uie en bacon.. En toe rasper ek cheddar kaas oor..
6. Die volgende stap is om dit versigtig op te rol en dan in yskas te sit om bietjie styf te raak..
7. Sny en sit so bietjie van tamatie sous bo op..
8. Plaas in 180 grade oond en later as dit amper reg lyk dan gril jy hom so bietjie van bo..

Dit dink ek is dit.. Het so iets ‘n tydjie gelede op die TV gesien maar het nie nog ‘n resep gevolg nie so ek kan nie presiese mates en tyd gee nie.. Dink ook dit sal nogal lekker wees as ‘n snack ook.. So terwyl jy wag vir die braai..
Bron en foto: Earl Justin Wales