DEVONSHIRE ROOMKOEK

DEVONSHIRE ROOMKOEKtested
DEVONSHIRE ROOMKOEK
275 ml koekmeel
250 ml strooisuiker
10 ml bakpoeier
125 ml kookwater
125 ml kookolie
4 eiers geskei
Sjokoladeversiering:
60 g gewone sjokolade
20 ml water
5 ml kits koffie
80 ml versiersuiker
½ houertjie room


Verhit oond tot 190ºC.
Berei 2 x 200 mm koekpanne voor spuit panne met spray en cook.
Meet droë bestanddele af maar hou 5 ml bakpoeier eenkant.  Sif saam.
Voeg kookwater by meng met ‘n houtlepel of klitser.
Klits eiergele.
Voeg eiergele by meelmengsel klits goed.
Klits eierwitte tot stywepunt, voeg die 5 ml bakpoeier by meng goed deur.
Vou eierwitte liggies in meelmengsel.
Skep die beslag in die koekpanne en bak 15-20 min.

Sjokoladeversiering:
Smelt sjokolade in ‘n mengbak oor lae hitte.
Klits water, koffiepoeier en versiersuiker.
Klits alles saam met die room. Sit ‘n rukkie in die yskas om bietjie te stol.
Versier koek en geniet.

Resep en foto: Chemonei Gesiggie Korff

Nota: Chemonei Gesiggie Korff
Ekt 2 groot kitkats gebruik dis R22 een,  ekt daardie eiertjies gebruik 2 pakkies dis R15 een pakkie, groot boks smarties om en by R20, groot boks astros R24, groot slab chocolate om en by R24, balletjie chocolates om en by R24,  room nie seker hoeveel ek betaal nie en dan is dit basies net jou droë bestanddele. Jy kan enige iets in middel sit,  maar ek het ‘n chocolate gebruik en jou eiers vir 6 eiers by ons is R9 dis maar ‘n baie duur koek maar is vreeslik lekker my mense is mal daaroor