BLITSIGE BRAAIAARTAPPELS


BLITSIGE BRAAIAARTAPPELS
Vreeslik mooi, vreeslik lekker en vreeslik vinnig.
Ek dink deesdae maniere van gaarmaak uit om krag te bespaar
Maak aartappels gaar in mikrogolfoond, soveel soos jy nodig het, een of twee per persoon.
Jy kan dit ‘n ruk voor die tyd doen as jy kansie het. Sny die aartappels in kwarte.
Ek skil nie die aartappels nie.
Smelt botter (regte egte) en olie, so twee eetlepels elk in ‘n swaarboom non-stick pan.
Sodra dit goed warm is plaas aartappels op ‘n gesnyde kant in die pan en braai tot goudbruin.
Met regte botter neem dit nie lank nie. Draai op ander sy en braai bruin. Voila! Sprinkel sout oor en bedien dadelik.
BRON EN FOTO: Louise Groenewald