BAKMENGSEL KAASKOEK

kaaskoektested

BAKMENGSEL KAASKOEK

2 houers roomkaas
150ml suiker
125ml bakmengsel
2 eiers
10ml vanieljegeursel
2 ml fyngerasperde suurlemoenskil
bo laag
250ml suurroom
30ml suiker
5ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180c
smeer ‘n oondvaste tertbord
klits die room, suiker, bakmengsel, eiers en vanieljegeursel en suurlemoenskil saam tot goed gemeng. Giet die mengsel in die tertbord en bak 25-30min op die middelste rak.
Meng die suurroom,suiker en geursel en skep dit versigtig op die warm kaaskoek. Verkoel die kaaskoek minstens 3 ure.

Bakmengsel wenresepte 2
1kg ongesifte koekmeel
50ml bakpoeier
10ml sout
350g kook vet (holsum)
Sif droe bestandele en rasper vet in en vryf met vingers in !!
Bere mengsel tot benodig! !

Bron:  Wenresepte 2
Foto:  Benhet Niewenhuis