VRUGTEKELKIE KAASKOEK SLAAI

vrugtekelkie kaaskoek slaaitested
VRUGTEKELKIE KAASKOEK SLAAI
1 piesang opgesny
suurlemoensap vir oorsprinkel
1/2 blik vrugtekelkie
2 eetlepels roomkaas
2 eetlepels “Cape fruit” jogurt
klein malvalekkers (opsioneel)
Plaas die piesangs in ‘n bak en sprinkel die suurlemoensap oor die piesangs. Voeg die vrugtekelkie by die piesangs en meng deur. Skep die roomkaas en joghurt in ‘n bakkie en meng tot glad.
Meng die roomkaasmengsel met die piesangmengsel.
Plaas die slaai in die yskas tot benodig.
Resep getoets en foto: Annalize Momberg