SUMI SE ROOM AARTAPPELS

SUMI SE ROOM AARTAPPELStested
SUMI SE ROOM AARTAPPELS
Hier is die resep vir my room aartappels wat ek vanaand gemaak het.
5 of 6 redelike groot aartappel geskil en in skywe gesny
1 of 2 groot uie geskil en in skywe gesny
250ml room
botter
aromat, sout en peper na smaak
knoffel vlokkies

Begin met ‘n lagie aartappels en dan ‘n lagie uie. Sit dan klein stukkies botter oral oor die aartappels (ek sit gewoonlik so 5 klein stukkies botter op) Strooi dan aromat sout peper en knoffel vlokkies oor. Begin dan weer met ‘n lagie aarappel en uie. Herhaal tot uie en aartappels op is. Gooi dan die bakkie room oor die aartappel. As die room te min is gooi nog biekie melk by. Sit ‘n deksel op en bak in die mikrogolf vir 30min op 90% krag of tot aartappels regdeur sag is.
BRON – Somarié Muller

Somarié Muller  – My aartappels kom ook nooit gaar in gewone oond nie daaroor kook ek hulle eers ‘n rukkie en sny hulle dan in skywe