SOMARIE SE LEKKER KORINGSLAAI

somarie se koringslaaitested

SOMARIE SE LEKKER KORINGSLAAI
My ma se lekker resep
3 koppies gaar koring
1½ koppies perskes opgesny
1½ koppies pynappel opgesny
½ koppie fyn groen soetrissie
¼ koppie fyn ui
3 eetlepel fyn pietersielie
½ koppie rosyne
½ koppie sonneblom saad
Meng bogenoemde alles saam.
Slaaisous:
½ koppie sonneblomolie
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel kerriepoeier
½ teelepel borrie
1 eetlepel heuning
1 teelepel woestersous
Meng alles saam en giet oor die slaai. Sit bietjie sout by vir extra smaak.

Resep en foto:  Somarié Muller