RENSKE SE MELKTERT


RENSKE SE MELKTERT
Kors
2 koppie koekmeel
2 teelepel bakpoeier
½ koppie suiker
½ koppie stork margarien
2 eiers
‘n knippie sout
Klits die eiers, suiker en botter saam, klits baie deeglik.
Meng koekmeel en bakpoeier goed en voeg by die eier mengsel, Laat staan so ‘n rukkie om te rus. Druk uit in tertpannetjies baie dun kors is nodig gebruik die duime dit werk die beste. Bak tot bruin vir om en by 20 minute.
Vulsel
4 ½ koppies volroom melk
¾ koppie suiker
4 groot opgehoopte eetlepel maizena
3 eiers
3 desert lepels stork margarien (36 ml)
Klits die eiergele, suiker, botter en maizena saam tot loperig. As die melk kook roer die mengsel vinnig in en stel plaat af na 2 toe, pap moet deurskynend wees, klop intussen die eierwitte styf, as die pap afkom gooi die styfgeklopte eierwitte in en klits met ‘n klitser tot hy geen klonte het nie. Skep in die kors in en strooi pypkaneel oor laat buite afkoel en sit in yskas. Geniet dit.
Resep: Renske Du Preez
Foto: Denzel Koenana