MATRASBROOD


MATRASBROOD
(Baie lekker)
750 g witbroodmeel
10 g kitsgis
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
1 eetlepel olie
500 – 650 ml louwarmwater
punte van roosmaryntakkies (Ek het die gedroogtes gebruik)
200 ml olywe
1 teelepel growwe sout
Plaas die meel, gis, sout en suiker in ‘n groot mengbak. Voeg die olie en net genoeg louwarmwater (ek het so 500 ml gebruik) by om ‘n deeg te vorm.
Knie 10 min lank tot glad en elasties! Laat 20 min rys.
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Knie die deeg af en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Druk holtes in die deeg en druk roosmaryntakkies en olywe in die holtes. Strooi die growwe sout oor.
Bak 25 min lank of tot gaar en lugbruin.
Baie lekker!! Ek het my olywe ekstra diep ingedruk sodat hulle binne bly as die broodjie bak! !
FOTO: Benhet Nieuwenhuis