JOHAN SE GEDROOGDE TAMATIES

JOHAN SE GEDROOGDE TAMATIEStested

JOHAN SE GEDROOGDE TAMATIES
Resep en foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
Gedroogte tamaties ń eerste vir my en die smaak het my verbaas lekker verby
Verhit oond vooraf op 180 ºC.
Was tamaties mooi skoon.
Sny tamaties middeldeur.
Skep die pitte met ń teelepel uit ek hou nie van die pitte nie.
Plaas tamaties in oondpan wat met waspapier uitgevoer is met oopkant na bo.
Verf nou tamaties goed op die snykant met olyfolie ek spuit die olie met ń spuit botteltjie oor die tamaties.
Maal nou growwe sout en swartpeper oor die tamaties
Bak vir 30 min teen 180ºC.
Draai nou tamaties baie vesigtig om dat die snykant onder is en bak vir 10 min teen 180ºC.
Draai weer tamaties met snykant na bo en stel stoof af na 100ºC.
Droog dit nou op 100 ºC totdat dit so droog is soos jy verlang.
Nou pak jy die gedroogde tamaties in ń bottel en vul op met olyf of olie van jou keuse, die olie moet 1 cm bo die tamaties wees.

Ek het vier verskillende geure gemaak deur so ń paar kruieblare tussen die tamaties te pak mint, basil, roosmaryn dan het ek 1 eetlepel bruinsuiker opgelos in 1 eetlepel balsamiese asyn dit bygevoeg en toe gevul met olyfolie.
Die vier botteltjies het 72 tamaties in.