HOENDER SLOPPY JOE’S


HOENDER SLOPPY JOE’S
Lekker goedkoop soet hoender.
3 hoender fillets (gaar gekook in sout/knoffel water)
½ koppie marinade (Ek gebruik Jimmy)
1 blikkie Coke (zero werk ook)
Na smaak:
tamatie sous
blatjang
sout
pepper
Versnipper die hoender.
Sit die hoender in by die Coke en marinade en kook die mengsel tot dit begin dik raak.
Voeg as jy wil, die tamatiesous en blatjang by.
Kook vir paar minute en bedien soos wil.
Werk lekker vir buns (sloppy chicken joes), gebakte aartappels en selfs rys.
Resep en foto: Annalize Momberg