GRONDBOONTJIEBOTTER

GRONDBOONTJIEBOTTER
450 g afgedopte geroosterde grondboontjies
1 teelepel sout
1 ½ teelepels heuning
1 ½ teelepels grondboontjie olie
Plaas die grondboontjies, soue en heuning in voedselverwerker.
Prosesseer vir 1 minuut.
Skraap kante skoon en sit die deksel op.
Hou aan om te prosesseer terwyl jy stadig die olie in die mengsel voeg – so ongeveer 2 minute.
Bottel en seël.
Kan vir 2 maande in yskas hou.
Resep: Amanda Struwig