PRUTPOT ERTJIESOP MET GEROOKTE EISBEIN



PRUTPOT ERTJIESOP MET GEROOKTE EISBEIN
In die slow cooker!
1 pakkie droe gesplete ertjies
1 pakkie droe 4 – in – 1 sop mengsel (oornag in kook water geweek)
2 kleinerige of 1 groot gerookte eisbein (gerook gee lekker ham smaak)
1 koppie gekerfde seldery
2 gerasperde aartappel
3 gerasperde wortels
2 lourierblare
2 liter tuisgemaakte hoender aftreksel
sout en peper na smaak
1 teelepel cumin
Worcestersous
white wine vinegar na smaak
Gooi alles bymekaar en kook op high vir 5 ure, en op slow vir ‘n verdere 5 – 8 of tot vleis van die been afval en fyn gekook is.
BRON – Lelane Van Der Walt