ENGELSE PIETERSIELIESOUS

Engelse Pietersieliesous
ENGELSE PIETERSIELIESOUS

Soos mens kan verwag het Engelse pietersieliesous weinig in gemeen met die Italiaanse-weergawe. Die Engelse sous is basies ’n witsous met fyngekapte pietersielie en suurlemoensap.

Berei ’n witsous voor. Wanneer al die bestanddele in die souspan is en dit begin kook, gooi 30 mℓ fyngekapte pietersielie by. Geur met sout en witpeper en prut vir 3 minute.

Net voor jy dit bedien roer jy ’n skeut suurlemoensap by – werk maar op jou persoonlike smaak.

Bron: kookkuns