ELSABE SE SOET KOEKIES


ELSABE SE SOET KOEKIES
Voorverhit die oond tot 180ºC.
250 g botter
750 ml suiker
5 eiers, klits goed
6 koppies koekmeel
30 ml bakpoeier
10 ml neut muskaat
2 ml sout
Klits die botter, suiker en eiers goed saam. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die bottermengsel. Meng tot ‘n sagte deeg. Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk koekies uit volgens eie keuse. Pak die koekies op ‘n voorbereide bakplaat en bak dit in die voorverhitte oond vir 8 – 10 min.
Resep en foto: Elsabe Brits van der Watt