CHRISTINE SE KERKVETKOEK


CHRISTINE SE KERKVETKOEK
Resep: Christine Scheepers
Ek het ‘n resep wat al jare saam my kom, het altyd vir kerk gebak, hang af vir hoeveel mense jy wil bak, dan maak jy dit met meer bestanddele.
1 kg koekmeelblom
1 pakkie kitsgis
1 t sout
½ teelepel suiker
1 eier vir nog lekker smaak
1 koppie louwarm water, gebruik water soos wat jy knie
As die deeg nie meer aan jou hande vasit nie en dis goed geknie, maak toe moet vadoek of groot linnedoek en sit dit op warm plek.
Wanneer uitgerys is, maak bolletjies.
Sodra olie warm is, vat die 1 ste een wat jy neergesit het en trek hom dat jy vier kant maak, nie te veel trek.
Sit in warm olie, bak albei kante mooi bruin en haal uit,
Ek kry omtrent 10 normale groote vetkoeke uit.