CHOC-O-CHILL TOMATO JAM-KONFYT


CHOC-O-CHILL TOMATO JAM-KONFYT
Tamatie konfyt, met heerlike stukkies gemmer in…. onder is my geskilde tamatie whiskey rissie en sjokolade konfyt heerlik met feta kaas…
1.5 tamaties geskil en blokkies gesny
1.5 suiker
2 groen appels gerasper
stuk vars gemmer gekneus
n kwart koppie suurlemoensap
en 4 tot 5 gekerfte rissies, ek voeg bietjie rissie poeier by.
Kook tot konfyt nie meer loperig is nie. Voeg n halwe koppie whiskey en n halwe blok kooksjokolade by. Kook tot sjokolade gesmelt, roer goed deur bottel warm. Sit dit voor saam met feta kaas en beskuitjies.
BRON – Beulagh Lombard