BILTONG QUICHE


BILTONG QUICHE
Meng die volgende en voer pan uit:
1 koppie koekmeel
1 koppie kaas gerasper
125 g botter
VULSEL…strooi oor kors
100 g biltong gekap in kleiner stukkies
100 g sampioene
Klits die volgende saam en giet oor die vulsel:
1 koppie melk
4 eiers
1 teelepel mosterdpoeier
Sout en peper
½ koppie bloukaas slaaisous
Strooi handvol pietersielie oor.
Bak by 180ºC vir 40 min.
Foto: Annie Van Zyl Knoesen