ANZETTE SE GEBAKTE SAGOPOEDING



ANZETTE SE GEBAKTE SAGOPOEDING
1 koppie Sago (250 ml)
2 koppies koue water (500 ml)
1 liter melk
1 stokkie kaneel
1 ml sout
50 ml suiker
75 ml botter
4 eiers (Wit & geel geskei en geklits. Eier witte kan lekker styf geklits word)
5 ml vanilla essence
10 ml appelkoos konfyt
Nutmeg en kaneel
Week die 1 koppie Sago in 2 koppies koue water vir 30 minute. (Dreineer en spoel af na 30 min)Ek gebruik sommer ‘n sif want vergiettes gaatjies is te groot en sago sal in die drein beland.
Verhit die oond tot 160 grade celcius
Verhit melk stadig op die stoof met die stokkie kaneel. Verwyder stokkie wanneer melk kook.
Voeg sago en sout by melk mengsel. Roer stadig en gereeld sodat sago nie brand of klonte maak nie. Die mengsel sal nou geleidelik verdik op die stoof. Roer min of meer vir 20 minute totdat die sago deurskynend is.
Verwyder van hitte en roer die suiker en botter by.
Voeg ook die geklitsde eiers, vanilla en appelkoos konfyt by en meng goed.
Plaas mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel met bietjie nutmeg en fyn kaneel.
Bak vir 45 minute tot goud bruin.
Bedien met vla of room. Wat ookal jou keuse.
Geniet!
Resep geplaas en aangepas deur Anzette Geel
Foto: Anzette Geel en Nicci Abrahams
Anzette Geel Ek het die IMBO sago gebruik, en het toe sommer net die resep agter op die sakkie gebruik maar het resep aangepas. Want by ons is dit tradisie om appelkoos konfyt by gebakte poeding te voeg en eiers moet geskei word en geklits sodat dit ‘n meer sponserige tekstuur aan poeding gee. So die is al wat ek verander het aan die voorgestelde resep. smile emoticon