ANYSKOEKIES


ANYSKOEKIES
6 koppies koekmeel 6 teelepels bakpoeier
2 1/2 koppies suiker 375 gram botter
3 eiers 1/2 teelepel sout
1 eetlepel anys
1. Sif droƫ bestanddele saam.
2. Vry botter in. Moet krummelrig wees.
3. Klits eiers net +- 1/2 koppie melk , gooi by meelmengsel en meng.
(as die deeg te styf voel gooi nog bietjie melk by, dit moet kan uitrol)
4. Rol so 2millimeter dik uit, druk die vormpies van jou keuse, sit op bakplaat, smeer eier oor die koekies en bak teen 180grade vir so 20 min of tot lig bruin en gaar
Bron en foto: Anna-Marie van Staden