YVONNE SE SJOKOLADE TERT

tested

YVONNE SE SJOKOLADE TERT
Sjokolade Muffin Mix 500gr
Maak die Muffins aan soos aangedui op die pakkie. Spuit n langwerpige tertbak en skep mengsel in en maak gelyk. Sit op n omgekeerde bord in Mikrogolf en bak vir 9 tot 10min op hoog. Toets of gaar.
Gooi vlg sousie oor:
1 en n 1/2 kop kookwater
3/4 kop suiker. Roer baie goed. Gooi oor warm koek beslag. kan Vanilla bygooi of brandewyn ens.
Ook.
Maak nou die Mousse en smeer dik op koek. Wanneer koud, strooi Flake sjokolade of peppermint crisp oor.
Sjokolade Mousse
1 kop Suiker
375 ml kookwater
2 Eetl margerine
50 ml Maizena
30 ml Kakao poeier
7 ml Koffie poeier
Roer en kook so 2 – 3 minute in mikrogolf tot dik en sit oor koek. Sommer my eie idee met die sous en ek se sommer dis n sjokolade tert.

RESEP:  Yvonne Van Der Linde