TANNIE BABSIE SE LEKKER WORTELKOEK

tannie babsie se lekker wortelkoektested

TANNIE BABSIE SE LEKKER WORTELKOEK
2 koppies bruismeel
Knippie sout
2 teelepels fyn kaneel
2 koppies suiker
1.5 teelepels koeksoda
2 koppies fyn gerasperde wortels
1 koppie pynappel crush (geen sous)
Sif droe bestanddele saam.
4 eiers
Paar pekaneute
1 koppie olie

Voeg nat bestanddele by droë bestanddele, Meng deur en skep in voorbereide koekpan. Bak vir 1 uur by 180ºC.

Versier met:
Sif 2 koppies versiersuiker
1 eetlepe margerine
5 ml pynappel geursel
Klits goed saam, voeg kwart houertjie room stelselmatig by tot romerig, en skep lepel vir lepel gewys bo op koek. Versier met neute en kersies.
Resep: Mariaan Hartman
Foto: Belinda Minnie