SUURDEEG BOER BROOD-STAP VIR STAP

imagetested

SUURDEEG BOER BROOD-STAP VIR STAP

Suurdeeg Plantjie

Of dit nou die borrelende lewende plantjie, krakerige korsie, geurvolle sagte binne brood of die beste roostebrood in die wereld is wat jou trek na suurdeeg brood, maak nie saak nie, begin net vandag, Dit is n kuns wat almal kan bemeester, in jou eie kombuis met jou eie lewende plantjie. Maak jou reg vir komplimente, want as jy eers die kuns bemeester het, gaan jy self nie glo dat jy so n brood kon bak nie.
Bestandele vir jou plantjie
Vir jou plantjie
• 100ml rog meel of vol graan meel (daar is meer wilde gis in hierdie meel as gewone meel, maar jy kan gewone meel ook gebruik)
• 100ml gebottelde water (al die chemikaliee in die drink water kan die gis en goeie bakteriee in jou plantjie dood maak)
• 4 rosyntjies (tel hulle, want jy moet hulle more uit haal)
• ‘n Houer vir jou nuwe baba (ek hou van ‘n goeie 1Lt Canfruit bottel omrede ek die glas of metal plaatjie van die deksel kan uithaal en ‘n stuk digte lap met die ring/skroef gedeelte van die deksel oor die bottel kan vas skroef – sien foto bo, maar enige glas, porselein of kos graad plastiek sal werk)
Om jou plantjie te voer
Daagliks:
• 200ml koekmeel
• 100ml gebottelde water
Instruksies
Dag 1 (Die geboorte): So teen 10:00 of 11:00 in die oggend, kombineer jou meel (ek het 50/50 rog en gewone meel gebruik) met jou water. Roer tot die meel en water ‘n gladde pasta vorm. Ek doen hierdie stap sommer in ‘n Pyrex maatbeker omdat dit maklik werk, maar niks verhoed jou om dit direk in jou plantjie se eie bottle/houer te doen nie.

Neem jou plantjie vir ‘n wandeling. Hierdie stap is nie nodig nie, maar jy vergroot jou kanse om wilde gis en die regte bakterie te vang. Stel jouself voor, ‘n dik sjef wat in sy uniform in die Hoofstraat van Christchurch, Nieu-Seeland afstap, ‘n Pyrex bekker met deeg in in die een hand en ‘n vatdoek in die ander en in Afrikaans met die maat beker loop en praat. Jip dit was ek en Krummel wat net daar in die straat naam gekry het. My Krummel is nou al 2 ½ jaar oud, maar daar in bakerye in Europa wat hulle suurdeeg plantjies honderde jare terug kan vat.
Terug in die kombuis, plaas jou plantjie iewers waar dit redelik warm sal bly soos naby die stoof. Los hom nou uit tot more dieselfde tyd.
Dag 2 (Is daar lewe): Selfde tyd as Da 1, bekyk jou plantjie mooi vir enige borreltjies. Dit mag dalk nog te gou wees, maar in ons warm klimaat, wie weet. As daar ‘n borreltjie of 4 is, geluk, jy is nou die ouer van ‘n suurdeeg plantjie, maar die gevaar is nog nie verby nie. Ruik nou aan jou plantjie, op hierdie stadium mag jy dalk al die vars gis reuk te kry, maar as dit nog nie daar is nie, dis nie ‘n trein smash nie. Wees wel bedag op enige slegte ruik, want dit beteken die slegte bakterie het vinniger as die goeie bakterie gegroei en jy sal ongelukkig moet oor begin.
Eerste Voer: As jy tevrede is en jou plantjie lyk nog goed is dit tyd vir hierdie stap. Gooi +/- die helfde van jou plantjie plus die 4 rosyntjies uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel die 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Day 3: Teen vandag behoort daar lewe te wees en dis ook die dag dat jy jou plantjie twee keer begin voer. Jy behoort borreltjies te sien, jou plantjie behoort ‘n heerlike vars geur te he en daar behoort ook tekens te wees dat hy begin reis. As jy enige slegte /vrot reuk kry, gooi weg en begin oor, indien nie, volgende stap

Eerste voer: (10:00 tot 11:00) – Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Tweede voer: (So 20:00 of wanneer jy tyd het). Gooi +/- die helfde van jou plantjie uit/weg. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas lap deksel terug en gaan sit hon weer waar jy hom gister gelos het.
Dag 4: Herhaal dag 3
Day 5: Herhaal dag 3 en 4. Jou plantjie behoort oornag te verdubbel het is volume, derduisende borreltjies te he en ‘n heerlike surerige gis aroma. Indien hy nog nie heeltemal daar is nie, doen ‘n ekstra dag of twee, dieselfde as wat jy elke dag vanaf dag 3 gedoen het. Indien hy op dag 6 lyk soos op die foto onder, volg stappe 1 en 2..

1. Wanner jou plantjie reg is, gee dit een laaste voeding deur +/- die helfde van jou plantjie uit/weg te gooi. Voeg nou by dit wat oor is in jou bottel 200ml meel en 100ml water en roer goed deur, al die meel moet ingemeng wees. Plaas die gewone glas of metaal deksel terug en gaan sit hom in die yskas, sy nuwe tuiste.
2. Van nou af word hy slegs een maal per week gevoer, Kry ‘n rolletjie masker band (maskin tape), skryf die datum van die voiding daarop en plak dit op jou bottel. Sodoende weet jy altyd wanneer laas jy die voeding ding gedoen het.

Geplaas deur Albert Buitenhuis