SNOEK OP DIE KOLE


SNOEK OP DIE KOLE
Arnie Woolf Ek koop my snoek altyd by Food Lovers Market. Nog nooit teleurgestel gewees nie.
Spuit die braairooster met Spray and Cook.
Ek sny ook reeds die snoek is stukke dan braai dit sommer lekker. Ek gebruik nie foelie nie. Sit so met vel na onder.
Op die rooster en dan sit ek die mengsel van appelkooskonfyt, suurlemoensap, egte botter en vis speserye oor. Bedruip gereeld terwyl ek braai.
Gebruik tandestokkie om te toets dat hy reg is. Party mense draai nie om nie maar ek draai net so vir halwe minuut om dat hy ook bietjie “braai” aan vleis kant.
Haal af en eet. Yummy
Resep: Arnie Woolf