RYK-MAAR-LEKKER-TERT

Ryk-maar-lekker-tert1tested
Ryk-maar-lekker-tert2
RYK-MAAR-LEKKER-TERT
Ek het gistermiddag gou die tert aanmekaargeslaan en mense, dis gevaarlik lekker – Not for the faint-hearted
BESTANDDELE
1 pak tennisbeskuitjies
1 blikkie karamel
350ml vars room
180g heulneut-sjokolade (groot slab)
60g donker bak-sjokolade (so derde van groot slab)
50ml suurlemoensap
MAAK NOU SO
Klits 250ml room sommer lekker styf
Meng die karamel en suurlemoensap in ‘n mengbak tot dit glad is en voeg styfgeklopte room daarby in
Smelt die sjokolade en ander 100ml room in mikrogolf tot loperig
Pak laag beskuitjies onder in jou glasbak (Ek het ‘n tertbak gebruik waar 3 x 3 tennisbeskuitjies lekker inpas)
Skep helfte van karamelroom-beslag bo op beskuitjies, gooi so helfte van die sjokolade-ganache oral oor en herhaal die hele proses nog ‘n keer
Plaas in yskas en laat stol (hy stol nogal lekker vinnig) Dit behoort binne 2 ure gereed te wees om te eet smile emoticon
Geniet!!
RESEP EN FOTOS: Sonja Young