ROOMYS MASJIEN ROOMYS VAN EIERGELE


ROOMYS MASJIEN ROOMYS VAN EIERGELE
Dit is ‘n resep vir masjien.
10 eier gele
250 ml room
250 ml melk
1 vanilla pod
175 ml suiker
Bring melk en room en vanilla tot kookpunt. Klits eier gele en suiker tot lig in kleur. Gooi 1/2 van die melk mengsel by eier mengsel gooi nou alles bymekaar. Sit terug op stoof en roer aanhoudend totdat jy jou vinger op die agter kant van lepel kan trek en dit bly in ‘n lyn. Gooi deur sif. Dan sit dit in jou roomys masjien.
RESEP: Christine Valentine