PEPPERDEW KONFYT MET ‘N SKOP


PEPPERDEW KONFYT MET ‘N SKOP
Pepperdew konfyt met ‘n skop vir enige iemand?
Deel weer ‘n resep wat ons saamgeslaan het uit voorbeelde van verskeie idees…
10 Pepperdews – helfte halveer ander heel gelos (het nie ontpit nie)
1 Ui grof gekap
1/2 k Bruin Asyn
1/2 k Bruin Suiker
1/3 k Appelkoos konfyt
2 Knoffel huisies grof gekap
So 3 cm gemmer fun gesny
Opsioneel : 3 Habenero chillies bygesit vir skop
Kook saam tot uie glaserig is en sous helfte minder.
Gooi in glashouer.
Ek het dit langer gekook om ‘n stywe konfyt te geniet.
BRON – Frances Smith