OMELET IDEES


OMELET IDEES

Martie Roberts – Ek gebruik 2 eiers en bietjie water. Sout en peper, spuit my pan cook en spray en baie margarien. My filling maak ek gebraaide uie en tamatie en greenpeper en mushroon en bacon en kaas. Vir my is dit lekker en as ek avo het, sit ek avo in repies gesny as ek filling klaar in omelet gesit het.

Rina Kleinhans – Ek klits net die eier met ‘n klein bietjie melk en dan gooi jy dit in die warm pan soos ‘n dik pannekoek, maar trek die hele tyd die kant weg dat die rou eier agter/onderin loop en sodra hy half pad gestol is, gooi jy die vulsel op, vou dit dubbel en bedien. die hitte maak hom verder gaar…. bietjie maizina in die eiers maak dat hy heerlik pofferig bly en glad nie water terk nie.. dit werk in roer eier ook

Petré Van Jaarsveld – Ek klits die eierwitte apart tot styf. Roer dan die geklitste eiergele by, redelik olie of botter in die pan. Ek spuit ook eers die pan met Spray n Cook. Dan skraap ek omtrent ‘n derde van die beslag na die binnekant van die pan en smeer die res weer terug in die opening. Hou so aan totdat die omelet amper droog is. Skep vulsels op die een helfte en vou oor. Keer uit op bord. Of indien jy panne het wat in die oond gedruk kan word, skep die beslag in die pan en sit in oond. Heerlike souffle omelet. Gebruik 2 tot 3 eiers per persoon.

Maryna Visser – 3 eiers, klein bietjie melk sout en peper en kwart teelepel bakpoeier

Rosa Boshoff – Myne maak ek so. So 1 of 2 eetlepels water. Klits. Gooi in pan. Roer soos wat jy roereiers maak. As hy lyk of hy gaar word, versprei dit uit na die kante toe. Moet nooit omdraai nie. Sit nou vulsel aan die eenkant en vou die ander leë kant oor. Bak so rukkie.
Lekker sagte uitgepofte omelet. x

Natascha Du Toit – 3 eiers sout en peper, klits saam, gooi in pan, sit deksel op tot hy begin gaar deur raak, dan draai om, gooi kaas en wat ookal in, vou toe en haal uit pan. Dis hoe ek myne maak.

Denisia Smith – 2 eiers, bietjie melk en druppel suurlemoen sap sout en peper na smaak. Mince, gekapte uie en peppers (green, yellow and red), lekker bbq robinson spice en gerasperse kaas bo-oor omelet as dit toegemaak is. Dis hemel op aarde vir my.

Elize Coetzee – Gewone omelet 2 eiers, eetlepel water, klits goed. Maak pan warm op hoë plaat. Bietjie botter, gesmelt, gooi eier in pan. Ek gebruik my wonder cooker deksel en draai my plaat af na 3. Kom heerlik uit, binne gaar en buite die mooi goud bruin kleur. Geniet dit met enige vulsel van jou keuse.

Hendrina Visser – Hi ek sny uie en greenpepper fyn en gooi dit by die eiermengsel, en gooi bietjie paprika by, bak die omelet en gooi dan kaas binne vir filling, heerlik!