LEKKER PYNAPPEL-NAGEREG

LEKKER PYNAPPEL-NAGEREG
1 groot blik met 8 pynappel ringe
125 ml room
2 eetlepels botter
1/2 koppie bruinsuiker
Vars gemmer
Swartpeper
Plaas pynappel ringe in braaipan met bietjie van die pynappel sous. Voeg room by,
nie alles, kan altyd later meer byvoeg. Die pynappel moenie verdrink in die vloeistof
nie. Voeg botter by. Strooi bruinsuiker oor pynappel, asook vars gemmer en baie swartpeper.
Laat dit stadig kook, die suiker moet karamelliseer, dit sal effe taai raak. Bedien
met roomys.
Dit is baie soet en onweerstaanbaar
RESEP: Riekie C Boshoff