KOOS SE PEPPER STEAK PASTEIE



KOOS SE PEPPER STEAK PASTEIE
My Pepper Steak Pastei
Die vulsel is
Stukkies rump steak so 2 cm blokke gesny
Uie fyn gesny en gebraai tot glaserig
Stukkies rump by gegooi en alles saam gebraai
Voor ek vergeet dis n yesterpot op die stoof
Ek braai die rump so vir 15 minute op hoe hitte terwyl ek kort kort roer
Na 15 minute draai ek die hitte af na no 3 op my stoof.
Gooi sout en growwe peper by
Mens gooi nooit water by vleis nie.
Alles laat prit vir so 2 ure tot die vleis uitmekaar begin val
Dan begin ek proe of daar genoeg sout en peper in is want dit is n pepper steak.
Gooi nog growe peper by as nodig
Omdat alles stadig geprit het in die ysterpot met n deksel is daar genoeg vogtigheid by die vleis vir n sous.
Gebruik Bruin uie sop om die sous te laat stol anders gaan dit uit die pastei loop as dit hitte kry
Laat alles afkoel tot koud
Ek gebruik gekoopte skilfer deeg sulke blokke
Skep die vulsul op die deeg en vou dit toe
Smeer eier en los in die yskas vir 30 minute
Ek bak in die oond op 160 grade vir 50 minute of tot mooi bruin
Fotos no 4, 5 en 6 is geneem op 30 minute, 40 minute en 50 minute in die bord.
Foto en resep: Koos van der Merwe