KNOFFEL EN KAASBROOD

knoffel en kaas broodKnoffel en Kaasbroodtested

KNOFFEL EN KAASBROOD

1 Kg gekoopte Brood/Vetkoek deeg
300-500 gram gerasperde Cheddar kaas(Daar was n bietjie geheue verskil of dit 300 of 500 gram kaas was wat gebruik is)
1 eetlepel Crushed Garlic(Opsioneel)
1 Eier
Meng die helfte van die kaas saam met die eier en knoffel(Met die hand moenie klits nie)
Voeg die mengsel by die deeg en werk goed deur
Maak n rol soos wanneer jy gaan brood bak en plaas in n brood pan
Gooi die laaste helfte kaas oor die deeg
Vir die spicy gedeelte bietjie Paprika en Ceyane poeier gemeng en oor gestrooi. (Net die een helfte van die brood)
Bak in die oond op 160 grade vir 1 uur
Sommer lekker ge-eet. Die brood met Appelkoos konfyt en my medium to rare steak saam met gebraaide uie

Resep en foto: Koos van der Merwe