DENZIL SE GEMENGDE ROU GROENTESLAAI

tested

DENZIL SE GEMENGDE ROU GROENTESLAAI
Neem een bottel ( so 750 gram) gerasperde beet, gooi die sous af en hou dit eenkant.
Gooi die beet nou in ‘n bak. Rasper gelyke hoveelhede rou wortels en kool.
Ek koop die by winkels wat klaar gerasper is.
So die 3 groentes moet in gewig min of meer dieselfde wees.
Rasper ‘n stukkie ui in asook ‘n knippie sout en meng alles goed deur.
Gooi die beetsous nou in en meng goed deur.
Gooi ‘n bietjie mayonaise by (nie baie nie) roer deur, sit in die yskas en dis nou reg om te eet.
Jammer ek gee nie mates nie maar dis hoe ek dit maak.

RESEP:  Denzil Aaron Roberts
Foto: Petro Kloppers