BEN SE VIER IN EEN BEESSKENKEL SOP


BEN SE VIER IN EEN BEESSKENKEL SOP
1 pakkie 4 in 1 sopmengsel en voeg n ekstra pakkie rooi lensies by.
Daarby voeg ek so 4 groterige aartappels
6 tot 8 wortels en
3 tot 4 uie by.
Ek slaan aartappels wortels en uie in voedsel verwerker fyn. Voeg genoeg water by en plaas in oond op 180 ºC. Terwyl dit daar lekker sag en gaar kook plaas ek so ongeveer 2 na 3 kg beesskenkel in stoompot en kook sag. Haal bene uit en skep die vleis met souswater by die sop in die oond. En voeg nog water by as mengsel dik lyk.
Die sopmengsel trek baie water en sit uit. Ek voeg die volgende speserye na smaak by.
Sout en swart peper.
Net minder as ‘n ½ teelepel elk fyn naeltjies en neutmuskaat
5 eetlepels Worcestersous
Roer sop goed deur en laat verder kook in oond. Voeg nog water by soos nodig. Ek gebruik ‘n groot aluminium konfyt kastrol. Ek hou van baie vleis in sop.
As sop afgekoel het skep ek dit uit in 2 liter plastiek bakke. As dit koud is kan dit gevries word. Ek kry ongeveer 10 litert sop. Sop kan in mikrogolf weer warm gemaak word en indien te dik kan nog water bygevoeg word.
Bron en foto: Ben Herbst