BART SE VIS POTJIE

vis potjie barttested

BART SE VIS POTJIE

Bart Van Wyk Vis potjie. Maak eers die sous, ek vat sommer ‘n pakkie potato bake, 300 ml melk, 200 ml vars room. een getjopte toon knoffel, vier groot bruin mushrooms en ‘n koppie gerasperde chedder.
Terwyl die sous dik word (stadige hitte en baie roer) Was die garnale en droog droog.
Braai 2 uie goud bruin, skep uit.
Vat ‘n paar stukke kingklip moote (Hake ook goed, maar hulle gaan pap in die pot,) druk droog en braai in botter, baie warm, die vis moet eintlik skroei. skep uit.
Braai prawns, vinnig, warm botter.
Spoel mossels goed af, tjêk vir stukkies skulp.
gooi allie prawns, ui, mossels en die sous by mekaar, saam met die sous.
Roer goed deur, gooi die vis in. Laat prut so 5 minute, eet saam vars brood.

FOTO EN RESEP:  Bart Van Wyk