VETKOEK SONDER GIS


VETKOEK SONDER GIS
Warm water vetkoeke
Bestandele: vir 24 vetkoeke – halveer vir 12.
2 Koppies (500ml ongesif afgemeet) Koekmeelblom
2 Eetlepels suiker (nie opgehoop)
2 teelepels bakpoeier
Knypie sout
2 Eiers
1 koppie warm water
Kookolie vir vlak braai
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers in ‘n aparte mengbak. Klits die warm water by die eiers: klits goed. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klop met ‘n houtlepel tot goed gemeng; die beslag is slap.
Skep dessertlepels vol beslag in matig warm kookolie in ‘n braaipan. Braai die vetkoek totdat die onderkant goudbruin en die bokant vol lugborrels is. Draai om sodat die bokant ook goudbruin kan braai. Plaas die Vetkoek op kombuispapier sodat alle oortollige olie daarin kan dreineer. Sit die Vetkoek warm voor met botter en heuning of appelkooskonfyt óf met maalvleis
Bron: Petra Nel
Foto: Adam Cloete