SONJA SE SKAAPSTERTJIES

SONJA SE SKAAPSTERTJIES
Skaapstertjies:
10 skaapstertjies
4 middelslag uie, grof gesny
Robertsons se Garlic and Rosemary speserye
Swart peper en ekstra sout indien verkies
6 groterige geskilde aartappels ook in stukke gesny
Ek het die uie in bietjie olie gebraai in my stoompot, uitgeskep en eenkant gesit en toe die skaapstertjies in dieseldfe pot gebraai tot goudbruin.
Voeg daarna die speserye en uie by, gooi so koppie kookwater oor, sit die deksel op en stowe vir so 40 – 50 min
Laat stoom uit, roer effens deurmekaar en sit die aartappels in.
Laat dit vir ‘n verdere 10- 15 min stoom.
Roer nou lekker deurmekaar sodat van die aartappels breek (dit maak die sousie sommer lekker dik)
Proe aan die sousie of daar sout of peper kort en voeg by soos benodig.
Dien op met rys of stampkoring en groenboontjies
RESEP EN FOTO: Sonja Young