SONDAG HOENDER



SONDAG HOENDER
kookolie
6-8 hoenderporsies
sout
varsgemaalde swartpeper
1 pak (60g) dik bruinuiesoppoeier
500 ml (2 koppies) water
250 ml (1 koppie) mayonnaise
125 ml (½ koppie) mango atjar of blatjang
Voorverhit oond tot 180º C.
Verhit ‘n medium swaarboompan en verf met bietjie olie.
Geur die hoenderporsies met sout en peper na smaak.
Braai hoenderporsies met die velkant na onder tot bros en goudbruin.
Skep uit en rangskik in oondvaste bak.
Maak die uiesoppoeier met water aan en meng met die mayonnaise en mango atjar of blatjang.
Giet oor hoenderporsies en bak ongeveer 45-60 minute in die voorverhitte oond tot gaar.
Sit warm voor saam met rys en groente.
Lewer 6-8 porsies
Variasie:
Vir kerriehoender
meng 5-10 ml (1-2 teelepels) kerriepoeier en ‘n knippie fyn komyn (jeera) by die mayonnaise in en gebruik verder soos beskryf
Geniet!!!
Resep: Corrie Brand Du Plessis