PETRE SE KOEKSISTERS


PETRE SE KOEKSISTERS
Ek het die deeg met meel uitgerol….
6 dosyn
Stroop:
14 koppies suiker
7 koppies water
3 stukke gekneusde gemmer
½ koppie suurlemoensap
1 teelepel kremetart
Sout na smaak
½ teelepel wynsteensuur
Smelt die suiker en water saam en voeg die gemmer by. Kook vir 10 minute. Sodra begin kook voeg die suurlemoensap by. Sodra die stroop reg is voeg die kremetart, sout en wynsteensuur by. Laat afkoel. (stroop hoef nie yskoud te wees nie).
Deeg:
6 koppies koekmeel opgehoop
4½ teelepel (rond) bakpoeier
¾ teelepel sout
2 eiers
8 eetlepels margarien
2 koppies lou water
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in meel. Klits eiers en water goed. Knie goed. Kan metKenwood geknie word. Deeg kan eerder te slap as te styf wees. Giet bietjie olie op die tafelblad en rol deeg daarin. Plaas in plastiese sak en laat staan vir tenminste 15 minute.
Vleg:
Giet weer n bietjie olie op die tafelblad en rol helfte van deeg daarop uit. Sny stroke of druk met koeksisterdrukker. Die deeg moet omtrent 7 mm dik wees. Vleg en plaas op n oliebesmeerde skinkbord. Bedek met bat teedoek. Bak koeksisters tot mooi bruin in diep, warm kookolie. Doop hulle dadelik in stroop. Plaas koeksisters op n draadrak oor n skinkbord sodat oortollige stroop kan afdrup.
Wenk:
Onthou om nooit meel te gebruik om deeg uit te rol nie, want meelblom veroorsaak dat olie skuim as die koeksisters gebak word
Foto: Petre van Jaarsveldt