PETRE SE HANEPOOTKONFYT

HANNEPOOT KONFYTtested
PETRE SE HANEPOOTKONFYT

3 kg druiwe
2.5 kg suiker
3 eetlepels bruinasyn
2 eetlepels suurlemoensap
Meng druiwe en suiker in pot… Druk soveel as moontlik van die korrels stukkend om n lekker dik stroop te vorm…Kook vir 20 minute en voeg bruinasyn en suurlemoensap by… kook nog 5 minute… sit plaat af, en laat staan vir n paar minute… die pitte sal bo dryf… skep af… kook dan verder net tot dit klink of die konfyt begin braai… verwyder van hitte… laat staan n paar minute en skep die res van die pitte af… bottel en seel warm…
Resep en foto: Petré van Jaarsveld