MARIETJIE SE ELANDPASTEI

marietjie se elandpasteitested
MARIETJIE SE ELANDPASTEI
Braai uie en knoffel stukkies in pan met olyfolie.
(ek het dit nie vandag gedoen nie want my meisiekind eet nie uie nie – maar wou bitter graag ).
Voeg vleis wat in blokkies opgesny is by.
(ek het eland steak gehad .. maar enige lekker steak kan gebruik word).
Braai lekker bruin in pan.
Voeg die volgende by:
Bietjie soja sous
sesame olie
worcestersous
klein bietjie jimmy sous
bietjie blatjang
speserye
nutmeg
naeltjies
gemmer
koljander
kaneel
flippen lekkker spice of steak en chops
paprika
swartpeper
sout
Meng alles goed.
Voeg nou redelik water by want dit word later verdik.
Kook tot vleis lekker sag is. as die vloeistof droogkook sit aanmekaar water by, want daar moet ‘n lekker sous ontwikkel.
Intussen het ek so ñ halwe koppie sago in kook water laat lè.
Toe die sago al die water opgeslurp het, het ek nog water bygevoeg en dit in die mikrogolf gekook vir so 5 min tot sago heeltemal deurskynend is.
Roer na elke min se kook.
Wanneer vleis lekker sag is en daar ‘n lekker sous is het ek ñ blikkie sampioene bygevoeg.
Sit nou die sago by… myne was heeltemal afgekoel. Meng tot lekker deurgekook is.
Indien die mengsel nou te souserig is kan jy dit verdik deur ‘n poeier te gebruik soos soppoeier, ek het knorr se harty beef stew mix gebruik, maar letterlik net ñ lepel. Dit hang af van hoeveel vloeistof jy in pan het.
Laat die mengsel afkoel.
Skep in ñ oondvaste bak uit.
Rol deeg uit en plaas bo oor vleis.
Smeer met geklitste eier
Steek gaaitjies in deeg met vurk
Bak in voorverhitte oond tot bruin.
Resep en foto: Marietjie Nel