KARRINGMELK BESKUIT MET WHEAT BIX


KARRINGMELK BESKUIT MET WHEAT BIX
1.5 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
10 Wheat bix beskuitjies fyngerol
Meng bogenoemde saam in een bak.
400 ml margarine
500 ml karringmelk
300 ml kookolie
2 geklitste eiers
500 ml suiker
Meng natbestanddele en suiker met droë bestanddele. Druk deeg vas in pan en druk af met beskuitdrukker. Of maak ballletjies en pak in ‘n pan.
Bak by 180ºC vir 55-60 min! Laat afkoel en drooguit.
Resep en foto: Mariaan Hartman