KARAMELFUDGE

Karamel fudgetested
KARAMELFUDGE
Lewer 64 blokkies.

125 g botter of margarien
420 g strooisuiker (2 kop)
1 blik kondensmelk (397 g)
25 ml vanielje geursel
knypie sout
15 ml asyn

Voer ‘n pan of bak van 20 cm x 20 cm met aliminiumfoelie uit. Spuit dit met Spray en Cook.
Mikrogolf die botter ‘n minuut oop in ‘n DIEP en groot mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 3,5 liter (14 kop) by 100% krag.
Voeg die strooisuiker en kondensmelk by – moenie roer nie – en mikrogolf dit nog ‘n minuut oop by 100 % krag.
Roer dit deeglik met ‘n houtlepel of geskikte spaan.
Mikrogolf die fudge 10 minute oop by 100 % krag en roer dit elke 3 minute goed.
Voeg die vanielje geursel, asyn en sout by en klop die fudge met ‘n houtlepel totdat dit begin styf word.
Skep dit dadelik in die pan of bak en maak dit bo op gelyk.
Laat dit ‘n bietjie afkoel.
Sny die fudge in blokkies voordat dit heeltemal styf is.
Laat dit heeltemal koud word.
Keer die fudge uit die pan of bak, verwyder die foelie en breek die blokkies versigtig los

RESEP: Desiré Watkins