IDEES VIR DIE VRIES VAN KOEK

 

IDEES VIR GEVRIESDE KOEK

IDEES VIR DIE VRIES VAN KOEK
Marina van Aswegen – Ek is op soek na koek wat gevries kan word reeds gesny in porsies of skywe, dit kan agterna versier word! Een Groot koek is net teveel op ‘n slag en gaan dan verlore. Kan iemand help, asb?

Yvonne Burger – Ek bak my wit of sjokolade koek, versier dit en vries dit in n digte bak. Haal uit oggend as jy dit wil eet, smaak of dit net gebak is. Dit vries wonderlik! My man eet nie koek wat versier is, so ek vries vir my en dit is heerlik!

Benhet Nieuwenhuis – Koeke vries heerlik! ek bak my koek en versier en sny klaar en pak dan in vrieskas! ons is ook net 2 in die huis so dit is makliker so en dan is daar altyd vars koek!! jy sal sien die koek vries nie regtig nie dit is binne oomblikke reg vandat jy dit uit gehaal het.

Stephane Fourie – Of bak jou beslag in cupcakes en versier en vries..haal uit en geniet..of vries sonder icing en ontdooi en versier en bedien…

Annelie Engelbrecht  – vanilla cupcakes en wortelkoek al met sukses gevries en ontdooi vir gebruik
FOTO GELEEN