GROENTE EN LENSIE SLAAI MET JOGURTSOUS


GROENTE EN LENSIE SLAAI MET JOGURTSOUS
250ml rou bruinlensies, afgespoel.
3 wortels, geskil en in blokkies gesny
1 groot soetpatat, in blokkies gesny
400grm botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
3 rou bete, in wiggies gesny
1 rooi ui, in wiggies gesny
45ml olie (Ek het cocunet olie gebruik )
15ml heuning
Knypie rooipeper
Sout en peper
Jogurtsous
60ml jogurt
5ml knoffel gekap
15ml vars koljander, fyngekap
15ml suurlemoensap
15ml olyfolie
2 sirkels fetakaas
Stel oond op 180•
1. Kook lensies tot gaar, dreineer en hou eenkant.
2. Meng al die groente met olie, heuning en geurmiddels.
3. Plaas groente op n bakplaat en bak vir ongeveer 40min of tot sag.
4. Joghertsous Meng al die bestandele behalwe fetakaas en hou eenkant.
5. Skep lensies in slaaibak, gevolg deur Geroosterde groente.
6. Skep joghertsous bo-oor en sprinkel fetakaas oor.
Ek het die jogurtsous apart gehou sodat elkeen dit self kon oorgooi
Bron: Elna Erasmus