GIDEON SE PIZZA DEEG

PIZZA DEEGtested
GIDEON SE PIZZA DEEG
2 koppies koekmeel
200 ml louwarm water
1 eetlepel suiker
1 eetlepel sonneblom olie
5 g gis
½ teelepel sout

Sif die droë bestanddele en meng die olie en die water, voeg alles in ‘n mengbak en meng tot ‘n elastiese deeg. Knie goed en laat rys tot dubbel die volume.
Deel die deeg in drie ewe groot dele en rol uit. Sny ‘n sirkel so groot soos ‘n bord en plaas een in ‘n plat oondpan wat gespuit is. Smeer die basis met knoffel (crushed garlic), strooi dan die hele basis met gerasperde Chedder kaas, plaas in ‘n voorverhitte oond op 180°C en bak vir ±10 min. Voeg dan oor die hele basis gerasperde parmasaan kaas en grill net vir 2 min. Garneer met grasuie en maal ook ‘n bietjie swart peper oor.
Vroulief het toe ‘n lekker bord kookkos gemaak bestaande uit uie, pampoen en lamsvleis. Ek skep toe my kookkos bo op my pizza met ‘n bietjie van die kookkos se sous daaroor en siedaar heerlik was dit!
Bron: Gideon Louw
Foto’s: Gideon Louw