GIDEON SE FRIKKADELBRAAI


GIDEON SE FRIKKADELBRAAI
Fikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
½ pakkie bruin uiesoppoeier
¼ koppie soetrissiesous
½ teelepel sout
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie broodkrummels
3 eetlepel balsamiese asyn
2 eiers
Vulsels:
‘n paar heel amandels
‘n paar ontpitte dadels
‘n paar onpitte vars pruimedante (kleintjies)
‘n paar vars persvye
‘n stukkie bloukaas
‘n paar papierkoppies (10)
Meng die bestanddele vir die frikkadelle saam in ‘n mengbak en maak balle wat in die papierkoppies kan pas.
Plaas ‘n frikkadel in elke papierkoppie en druk met jou vinger ‘n holte in die middel.
Plaas ‘n amandelpit in ‘n dadel en druk die dadel in die holte in die frikkadel (ek het 3 van dit gemaak).
Doen nou ook so met nog 3 frikkadelle, maar plaas in die holte van die frikkadel ‘n klein swartvy wat middeldeur gesny is met die skilkant na onder en druk ‘n stukkie bloukaas bo-op die vy.
Doen nou weer so met die volgende 3, maar plaas in die holte van die frikkadel die oopgesnyde pruimedant met ook ‘n stukkie bloukaas in die middel.
Plaas die papierkoppies met die gevulde frikkadelle op ‘n plaat.
Ek het die frikkadelle in my varkieoond gebak vir ongeveer 45 min.
Saam met dit het ek ook stukkies “sparerib” gebraai, die ete was heerlik!!
Bron: Gideon Louw