GEBOTTELDE PEPPADEWS


GEBOTTELDE PEPPADEWS
Hier in Tanz groei sommige goed moeilik (bv blaarslaai-te veel goggas) MAAR as iets groei groei dit behoorlik!!! Kyk ons eerste oes peppadews! En sommer gebottel:
Kook saam vir 5-7 min:
1 en ‘n halwe koppie asyn
1 en ‘n kwart koppie suiker
1 koppie water
Vars gemmer – so 3-4 cm, gekneus. Haal uit voor bottel
Voeg die skoongemaakte peppers by en kook nog 3 min.
Bere in gesteriliseerde flessie.
Dis vir 2 hande vol peppers se hoeveelheid.
BRON – Carmari Fourie Strobos