EIERLOSE SJOKOLADEKOEK

EIERLOSE SJOKOLADEKOEK
650 ml koekmeel
90 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
3 ml sout
325 ml strooisuiker
160 ml olie
30 ml asyn
5 ml vanilla
500 ml water

Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Meng die olie, asyn, geursel en water. Voeg geleidelik by die droë bestanddele terwyl voortdurend geklop word. Giet beslag in 2 gesmeerde koekpanne. Bak 35-40 min by 180°C of totdat die toetspen skoon uitkom. (Enkel laag bak 50-55 min)
Laat die koeke 5 min in die panne afkoel voordat dit op ‘n draadrak uitgekeer word. Versier soos verkies.
Foto:  Fanie Smit
Resep: Carmari Fourie Strobos
As student die koek gebak vir verjaarsdae-kan nie flop nie! Daarom die naam Tics sjokolade koek gekry (naam van  die diensjaar waar ons vir jare vir studente op verjaarsdae die lekker moist koek gebak het).
Na deeg in pan gegiet het, gee so een of 2 ‘kap’ /’stamp’ op tafelblad – help lugborreltjies ontslae te raak.